Hencor Logo

Hencor Bonsmaras

Teelbulle

‘n Dominante bul word saam met 2 jonger bulle in troppe van 60 tot 75 vroulike diere gebruik. Ouerskap van kalwers word by wyse van DNA na geboorte van kalwers bepaal. Ons maak gebruik van Unistel Mediese Laboratorium in hierdie verband.

Ons dank aan Arthur de Villiers (Jnr), wie sy ervaring met en kennis van meerbulparing vrylik met ons gedeel het.

Ons het oor tyd onder andere die volgende bulle in ons kudde in ‘n gedeeltelik meerbulparing program gebruik:

HC080179:

HC080179 is 'n seun van PHR050254, wat weer 'n seun is van die welbekende PHR030036.  Hy is 'n kurweknakker in dat hy 'n ligte geboortemassa gehad het, maar baie goeie groei. Ons het hierdie bul goed gebruik in ons kudde en hy het vir ons baie goed gedoen met beide geslagte.  Ons het hom verkoop aan ons veearts, Dr Stephan Wessels en gebruik tans van sy seuns in ons kudde.

HC090039:

HC090039 is geteel uit 'n Hannes du Preez bul HP990025, wat op sy beurt AGC16 in sy voorgeslagte het.  Hy is 'n goed gebalanseerde, donker, gladdehaar bul met uitstekende konstitusie.  HC09-0039 is steeds in ons kudde.

VV080272 (as 'n jong bul):

VV080272 is 'n mediumraambul met perfekte skede en skrotum. Ons het goeie vroulike diere uit VV080272 geteel en het hom aan ons veearts, Dr Stephan Wessels verkoop.  Hy is baie tevrede met die aanwas wat hy reeds uit hierdie bul gekry het.

HC100151:

HC100051 is 'n goed gebalanseerde, mediumraam bul met goeie kapasiteit. Ons het HC100151 aan Johan Maartens van Smithfield verkoop en het 2 van sy seuns teruggehou vir toekomstige gebruik in ons kudde.

FCT110073:

FCT110073 is 'n bul met besondere goeie bespiering en lengte wat ons saam met Johan Myburgh van Kingsheath Bonsmaras by die alghele uitverkoping van wyle Kit Thompson gekoop het. Hy is 'n seun van FCT080118, 'n bul wat vir Kit baie goed geteel het.  Ons het reeds heelwat vroulike diere van hom aangekry en hulle is van uitstaande gehalte!  Hy het vir ons relatief min bulkalwers geteel, maar ons het reeds een baie mooi bulkalf van hom, HC140157, wat ons terughou vir toekomstige gebruik.  Terugvoer van Johan Myburgh is dat hulle ook reeds 2 baie mooi bulkalwers van hom aangekry het wat hulle terughou vir eie gebruik.  Ons is baie tevrede met die gehalte van aanwas van hierdie bul!

FCT110073 (op 19 maande ouderdom):

FCT110073 (tussen die koeie op 22 maande ouderdom):