Hencor Logo

Hencor Bonsmaras

Teelbeleid

Hencor Bonsmaras streef na die teel van:

  • goed aangepaste, vrugbare, mediumraam diere
  • goeie sprong van rib (penskapasiteit)
  • goeie lengte
  • gladde haar
  • goeie hoewe en loopvermoë
  • aanvaarbare bespiering
  • goeie manlikheid, testes en skedes by bulle
  • goeie uiers en moedereienskappe by vroulike diere

Ons glo nie daaraan om enige-iets te oordryf nie. Die woord TE word slegs in die volgende konteks gebruik:

“Nie TE groot nie TE klein, nie TE lank nie TE kort,
nie TE veel bespiering, nie TE min bespiering..……
net TEvrede klante!”

Hierdie instelling vind sy grondslag in die wyse woorde van wyle Prof Jan Bonsma:

“Nature does not tolerate extremes!”

In ons opinie seker die beste riglyn vir enige teler!