Hencor Logo

Hencor Bonsmaras

KI Program

Hencor Bonsmaras het gedurende 2011 met ‘n KI program begin. Ons sien dit as ‘n koste-effektiewe manier om ons eie koeikudde te gebruik en te KI met saad van goeie bonsmarabulle uit ander kuddes, om sodoende in die eerste plek vir onsself goeie vervangings-bulle en -verse te teel en tweedens, ook aan die mark beskikbaar te stel.  Ons vind dit egter in die laaste paar jare moeilik om ons KI program vol te hou as gevolg van laat en relatief min reën.  Sodra die natuur ons toelaat, sal ons weer meer van KI gebruik maak.

Ons het in Junie 2011 koeie en verse met semen van FCT980067 ge-KI:

 

Hieronder is voorbeelde van 2 seuns van FCT980067:

 

Hencor Bonsmaras

Hencor Bonsmaras

Hierdie kalwers is gebore gedurende die laaste week van Maart en eerste week April 2012 gebore. Ons het meer as 2 keer soveel versies as bulletjies aangekry. Ons is baie in ons skik met die kalwers, insluitend 'n paar bulkalwers wat beslis belofte toon.

Hieronder is 'n trop koeie met KI kalwers van FCT980067:

Hencor Bonsmara koeie met KI kalwers

Ons het in Desember 2011 en 2012 koeie en verse en einde Mei 2013 verse met semen van GCD050148 ge-KI.  Hierdie is 'n top, beproefde bul wat geteel is deur wyle Mnr. Glynn Handley, ons is baie opgewonde om hom in ons KI program te gebruik en ons is van voorneme om hom nog lank vorentoe aan te hou gebruik:

Hencor Bonsmaras

GCD050148 soos in 2012 Veilingsbrosjure van die Frontier Groep:

Ons het reeds 'n goeie aantal bul-en verskalwers van GCD050148 aangekry en 'n goeie persentasie van beide geslagte is van 'n baie goeie gehalte.  Ons het reeds van 4 bulle wat nageslag van GCD050148 is, in ons kudde gebruik en gebruik tans steeds 2 van hulle, naamlik HC120029 en HC120039.  Ons het reeds ook baie mooi kalwers van beide hierdie bulle aangekry en is baie tevrede met die gehalte diere wat ons uit GCD050148 geteel het.

Beide FCT980067 en GCD050148 is seuns van EI940339:

Hencor Bonsmaras

 

Ons het gedurende Desember 2012 koeie ge-KI met semen van 'n werklik besonderse mooi bul van Johan Myburgh (Kingsheath Bonsmaras), KHB080180. Ons is bevoorreg om die eerste teler anders as Johan te wees om met hierdie besonderse bul te KI. Baie dankie Johan, ons waardeer dit opreg!

 

Ons sien uit daarna om van die positiewe eienskappe van die genetika van hierdie pragdiere in ons kudde in te bring en met ons klante te deel!